Kyrgios moet evalueer word, aanrandingsaak uitgestel

Die aanrandingsaak teen die Australiër Nick Kyrgios is tot Februarie volgende jaar uitgestel sodat die tennisster se geestesgesondheid ondersoek kan word. Dit volg op sy prokureurs se pogings om die klag van aanranding te laat uitgooi, op grond van geestesgesondheid. Die klag teen Kyrgios hou verband met ‘n beweerde aanval op sy gewese metgesel Chiara Passari in Desember verlede jaar. Sy prokureur, Michael Kukulies-Smith, sê hy doen reeds sedert 2015 aansoek om sy kliënt se mediese geskiedenis te laat hersien. Dit sluit openbare bekendmaking van sy geestegesondheidprobleme in.