COP27: Natuurlik moet koning Charles dit bywoon, premier ook

Die onafhanklike Britse parlementslid, Tobias Elwood, sê dit is betreurenswaardig dat die Britse premier Liz Truss meen dat koning Charles nie COP27 wat in November in Egipte gehou word, moet bywoon nie. Elwood sê klimaatsverandering is die grootste uitdaging wat die wêreld in die gesig staar en nie net moet die koning daar wees nie, Truss moet dit ook bywoon.