Koen gesels oor Mogoeng se aanval op hom

Die KwaZulu-Natalse regter in die Hooggeregshof, Piet Koen, sê hy was ontsteld oor oud-hoofregter Mogoeng Mogoeng se ongeregverdigde aanval op hom tydens sy onderhoud voor die Regterlike Dienskommissie in April verlede jaar. Mogoeng Mogoeng het hom beskuldig dat hy ongeskik en onhoflik was tydens ‘n vergadering in 2016 waar kostebesnoeiings in die regbank bespreek is. Koen, wat meeding om een van die beskikbare poste in die Appèlhof, sê hy het dit selfs oorweeg om die regbank te verlaat: