Kyrgios gedagvaar oor ‘700 drankies’ aanmerking

‘n Toeskouer wat verlede maand by Wimbledon se eindstryd deur Nick Kyrgios beskuldig is dat sy sowat 700 drankies agter die blad het, het die Australiër weens laster gedagvaar. Kyrgios wat bekend is vir sy uitbarstings, het tydens sy wedstryd teen Novak Djokovic by die skeidsregter gekla dat ‘n toeskouer met hom gepraat het en dat sy beskonke is. Anna Palus sê die 27-jarige Australiër wat in die eindstryd teen Djokovic verloor het, het haar belaster deur sy roekelose en ongegronde bewering.