Kyk mooi die vakansie, veral naby water

Die feesseisoen kom vinnig nader en Namibiërs en buitelandse toeriste sien uit na ‘n lekker vakansie-wegbreek. Vakansies, veral dié van die feesseisoen, bring ‘n welkome blaaskans asook groot opwinding met vakansiegangers wat aan verskillende avontuur-en pret-aktiwiteite deelneem. Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services gee veiligheidswenke aan vakansiegangers wat tydens hul vakansie in die see of in damme wil swem.