Steenkamp gesels oor ‘kullery’ tydens eksamens

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het gereageer op berigte uit die Wes-Kaap dat monitering tydens finale eksamens baie goed verloop en 14 leerders is reeds met selfone en notas aangekeer. Steenkamp sê plaaslik is daar veral uitdagings met deeltydse leerders wat moontlik nie self die eksamens aflê nie maar, sy voeg by monitering en onmiddellike optrede is deel van hulle eksamenbestuur.