ANC lê klag teen waterbesnoeiings

Die ANC-koukus in Ekurhuleni gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nader om ‘n klagte in te dien oor die munisipaliteit se waterbesnoeiings. Die ANC sê die kredietbeheerbeleid wat die munisipaliteit aanvaar het, is ‘n skending van menseregte. Die beleid bepaal die toevoer van inwoners wat nie hul water-rekening aan die munisipaliteit vereffen nie, sal afgesny word. Die koukus glo daar is beter maniere om die geld in te vorder. Hulle sê gratis water- en sanitasie-geriewe is ‘n basiese mensereg.