Noa sê TransNamib is nie sy probleem nie, dis Shiimi s’n

Die direkteur-generaal van die Namibiese Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, het die kwessies van TransNamib oorhandig aan die waarnemende minister van openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi. Volgens plaaslike media het Noa die forensiese verslag wat oor die maatskappy se bedrywighede deur Ernst en Young voltooi is, nagegaan. Noa sê daar is ongerymdhede en wanbestuur maar, dat dit wat plaasgevind het onder die mandaat van TransNamib se raad val en nie deel vorm van ‘n ondersoek na korrupsie nie. Dus, sê Noa, moet Shiimi optree.