Biden vaar uit teen Republikeine soos verkiesing nader

Dinge raak warm in die VSA met die middeltermyn verkiesing wat op 8 November gehou word. Die Demokrate wil hul meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers behou en ‘n meerderheid in die Senaat bekom. President Joe Biden, wat normaalweg homself nie sterk teen verregse Republikeine uitspreek nie, het by ‘n byeenkoms vir Demokrate gepraat oor sy beleid om studenteskuld af te skryf en die Republikeinse teenstand teen die plan.