Kus berei voor vir besige vakansie-seisoen

Die kusgebied berei voor vir die feestyd met talle byeenkomste en geleenthede wat reeds gereël word vir die Desember vakansie. Dit sal maar die tweede feesseisoen wees wat die kus se ekonomie die geleentheid bied om te herstel sedert Covid. Volgens Oliver Ahrens van Destination Swakopmund kom die besprekings vir akkommodasie ook vinnig in en plekke is reeds besig om vol te raak.