Kunstenaar pendel van Arentinië na Londen – dis goedkoper
’n Kunstenaar wat dakloos gelaat is nadat hy deur sy private verhuurder in Londen uitgesit is, het begin pendel vanaf Argentinië. Die huur is daar soveel goedkoper as in Londen dat dit die koste van sy lugkaartjies dek. Die 38-jarige Andy Leek, wie se Notes to Strangers-werke op mure en elektrisiteitskaste in meer as 20 Britse en Europese stede geplak is, het na Buenos Aires verhuis. Hy reis ongeveer elke twee maande terug na Brittanje vir werk. Die vlug kos minder as ‘n maandelikse treinseisoenkaartjie tussen Bristol en Londen.