Kundige glo prins Andrew sou ‘n ramp in die hof wees

‘n Kundige oor die Britse koninklike familie glo prins Andrew sou ‘n ramp in die hof gewees het, indien hy sou moes getuig in die seksuele aanrandingsaak teen hom. Dit is vanoggend aangekondig dat hy ‘n skikking bereik het met Virginia Giuffre, wat hom daarvan beskuldig dat hy haar misbruik het toe sy ‘n tiener was. Die koninklike biograaf, Angela Levin, glo koningin Elizabeth was ten gunste van die skikking ten einde nog meer verleentheid en vernedering te verhoed. Dit volg na ‘n onderhoud met die BBC in 2019 wat Andrew se toe reeds swak beeld, vernietig het.