Kultuur en sport in die Wes-Kaap oorskry werkskeppingsteiken

Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport het sy teiken vir werkskepping oorskry en in die 2021/2022-boekjaar meer as 900 werksgeleenthede geskep. Dit word as ‘n oorwinning vir die sektor beskou. Gillion Bosman van die DA sê die kulturele en sportsektore is weens hulle aard tydens die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperkings ernstig ontwrig: