Vier bedrieg PEP uit N$2m

Die Namibiese polisie het vier Namibiese mans gearresteer wat PEP uit amper 2 miljoen Namibiese dollar bedreig het. Volgens hoofinspekteur Elifas Kuwinga, Nampol se woordvoerder, het die voorvalle tussen 1 Augustus en 24 Oktober vanjaar by PEP-winkel op Mariental en Rehoboth, en in Windhoek plaasgevind. Volgens die mag het die verdagtes gekloonde Nampost-kaarte gebruik om verskeie elektroniese items en klere met ‘n totale waarde van net meer as 2 miljoen dollar te koop. Twee van die verdagtes is 26 jaar oud, terwyl een 19 en die ander 25 is. Polisie-ondersoeke na die saak duur voort.