T20: Albei wedstryde vandag uitgereën

Albei vandag se wedstryde in die T20 Wêreldbeker in Melbourne het uitgereën sonder dat ʼn bal geboul is. Dit was die tweede keer in die toernooi dat Afghanistan se wedstryd uitgereën het nadat hulle kragmeting teen Ierland ook afgelas is, terwyl die swaargewigwedstryd tussen die gasheer Australië en Engeland ook uitgereën het. Dit beteken al vier die spanne kry elkeen een punt in hulle stryd om ʼn plek in die halfeindronde. Nieu-Seeland loop voor in Groep Een met drie punte – dieselfde as Engeland, Ierland en Australië maar die Swart Pette het ʼn beter lopiegemiddelde en het een wedstryd minder gespeel.