Kudugas-projek op koers

Met die beurkrag-krisis en stygende kragtariewe in Suid-Afrika, is daar toenemende rede tot kommer vir Namibiese nywerhede en huishoudings om die ligte gedurende 2023 en daarna aan te hou. Terwyl Namibiërs egter wag op die volle voordele van hernubare energie-opsies, soos groenwaterstof, wind- en sonkrag, bly die Kudugas-kragprojek ‘n lewensvatbare oplossing op die tafel. Die verwagting is dat die projek middel 2024 amptelik goedgekeur sal word, waarna finale beleggingsbesluite geneem sou word. Konstruksie sal volg en kommersiële bedrywighede teen 2026 bereik, sê Klaus Andersson hoofbestuurder van die Kudugas-projek aan Kosmos 94.1 Nuus.