Motorsport: Loeb steeds ver agter Dakar-voorloper

Motorsport: Sébastian Loeb sit sy goeie vorm voort by die Dakar-tydren deur die 11de trajek in te palm. Dit is die vierde agtereenvolgende trajek-oorwinning vir die Fransman, maar hy is steeds ver agter Nasser Al Attiyah en nege minute agter Brasiliaan Lucas Moraes in ‘n Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux wat tweede is. Die Dakar eindig Sondag en Loeb gaan steeds voet in die hoek hou.