Kuberveiligheid moet versterk met mense was tuis werk

Die Britse Finansiële Stabiliteitsraad sê finansiële maatskappye moet sekuriteit verskerp terwyl hulle werknemers van die huis af werk. Die raad sê kuberaanvalle het skerp toegeneem en rekenaarstelsels het nie vir die gebeurlikheid voorberei nie. Verskeie groot maatskappye het reeds aangedui dat al word inperkings verslap en later heeltemal gelig, sal werknemers steeds vir verskeie dae tuis kan werk wat die risiko vir kuberaanvalle vererger. Die raad sê daar was minder as 5 000 sulke aanvalle ‘n week tydens Februarie 2020 en dit het gestyg na meer as 200 000 per week in April vanjaar.