Groot kommer oor Zim se vang van olifantkalwers

Lede van die Pro Elephant Network het ‘n brief aan president Emerson Mnangagwa van Zimbabwe geskryf ná hulle inligting ontvang het oor olifantkalwers wat binnekort na ‘n plek van aanhouding in China vervoer gaan word. ‘n Woordvoerder, Stephania Falcon, sê hulle is diep bekommerd oor die jong olifante wat binnekort gevang gaan word. Rachel Harris van Elephant Human Relations Aid, oftewel Ehra, in Namibië deel haar gedagtes met Kosmos 94.1 Nuus.