Nog ‘n ontploffing in hospitaal in Irak

Meer as 50 mense is dood en meer as 60 beseer in ‘n brand by ‘n hospitaal in Nassiriya in die suide van Irak. Volgens berigte het die brand uitgebreek nadat ‘n suurstoftenk in die Covid-saal ontplof het. Die saal is drie maande gelede gebou. Die eerste minister van Irak, Mustafa al-Kadhemi, het beveel die hoof van die hospitaal moet in hegtenis geneem word. Dit is die tweede keer dat Covid-19 pasiënte in ‘n groot brand in die land gesterf het. Minstens 82 mense is in April tydens ‘n brand by ‘n hospitaal in Baghdad dood.