Kuberaanval op grootste vleisprodusent

Die wêreld se grootste vleisprodusent, JBS, hoop die meeste van sy aanlegte sal vandag in bedryf wees nadat hy beduidende vordering gemaak het om ‘n kuberaanval teen te werk wat sy internasionale bedrywighede geraak het. Die maatskappy se rekenaarstelsels in Noord-Amerika en Australië het deurgeloop onder ‘n virus-aanval wat vermoedelik uit Rusland gekom het. JBS het meer as 150 aanlegte in 15 lande. Die aanlegte wat die ergste geraak is, is in Amerika, Kanada en Australië. Die Withuis sê die FBI ondersoek die saak.