Beradings-noodlyn vir Namibiese meises en vroue

‘n Beradings-noodlyn is in Namibië gestig om meisies en vroue in nood regoor die land te help. Volgens ‘n mediaverklaring van die Blessed Is She-projek sal die noodlyn vertroulike telefoniese berading aan meisies en vroue 24 uur per dag verskaf. Dit is die inisiatief van die geregistreerde nie-regeringsorganisasie Change of Life Style, wat mentorprogramme aanbied. Die noodlynnommers is 081 7388 399 en 085 7604 000.