Kubane is braaf meen BidenJuly 13, 2021

President Joe Biden sê Amerika staan by die mense van Kuba en hulle oproep tot vryheid. Dit volg na die Karibiese eiland sy grootste teen-regeringsbetogings in bykans 30 jaar ondervind het. Kubane is volgens berigte woedend oor die ineenstorting van die ekonomie, voedsel en medisyne, prysverhogings en die regering se hantering van Covid-19. Biden sê die inwoners van Kuba is dapper in die manier waarop hulle hul fundamentele en universele regte uitoefen. Die Kubaanse President Miguel Diaz-Canel, voer aan die oproermakers is bloot huursoldate wat deur Amerika aangestel is om die land te destabiliseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *