Let op die feestyd, baie mense sukkel , selfmoordrisiko is hoog

Die feestyd kan vir baie mense moeilik wees. Alhoewel dit dikwels as ‘n vreugdevolle tyd van die jaar uitgebeeld word, kan dit ook ‘n tyd van stres, eensaamheid en hartseer wees, veral onder mense wat reeds met hul geestesgesondheid sukkel. Selfmoordsyfers kan gedurende die feestyd toeneem, as gevolg van ‘n verskeidenheid faktore. Die voorsitter van die Khomas-selfmoordvoorkoming-taakmag, Talia Tuhafeni, verduidelik meer oor gevaartekens waarop gesinne by hul geliefdes moet bedag wees.