Fury sê sy geveg teen Joshua is af

Die WBC-kampioen, Tyson Fury, sê sy voorgestelde swaargewig-wêreldtitelgeveg teen Anthony Joshua wat in Desember sou plaasvind, is afgestel. Dit volg nadat Joshua nie die kontrak onderteken het voor die spertyd van vyfuur gistermiddag wat Fury self vasgestel het nie. Hy het Vrydagaand die ultimatum aan Joshua se kamp gerig en gesê as die ooreenkoms nie betyds onderteken word nie, is die geveg tussen die twee Britte van die baan. In ‘n video op Instagram, het Fury vir Joshua gekritiseer omdat hy nie die kontrak onderteken het nie: