KSA verloor miljoene

Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam het in die boekjaar 2021-2022 ‘n verlies van 221 miljoen Suid-Afrikaanse rand gely. By Krieket Suid-Afrika se algemene jaarvergadering in Tshwane, het die voorsitter, Mark Rayner, gesê hulle inkomste het van een miljard tot 512 miljoen rand gedaal, maar hulle was in staat om uitgawes tot die minimum te beperk. Indië se T20-toer na Suid-Afrika het verlede jaar in die slag gebly as gevolg van Covid-19. Die onttrekking van Engeland se krieketspan aan die een-dag internasionale been van verlede jaar se toer, het KSA ook ‘n finansiële knou gegee.