Air Nam werkers gaan hof toe, daar’s nie geld om hulle uit te betaal nie

Die likwidateurs van Air Namibia, Dave Bruni en Ian McClaren, sê daar is nie genoeg fondse om die redery se personeel ten volle uit te betaal nie. Luidens die jongste berigte kon die twee net die salarisse vir die 12-maande periode wat ooreengekom is, uitbetaal. Die bedrag het 278 miljoen dollar beloop maar daar is nog 105 miljoen dollar kort vir hulle afbetalingspakkette, verlof en meer. ‘n Totaal van 636 personeel het hulle werk verloor saam met 4 500 verwante werkers. Die personeel het nou die twee likwidateurs hof toe gesleep en die saak sal op 19 Oktober aangehoor word. Volgens die likwidateurs is die totale skuld van Air Namibia op 3,5 miljard dollar waarvan amper 700 miljoen dollar onbetaalde belasting insluit.