Jongste oor aanstelling van Stad Windhoek se baas

Stad Windhoek het verlede week die publiek die geleentheid gebied om die vyf kandidate vir sy hoof uitvoerende beampte digitaal te ontmoet en te hoor wat hulle visie vir die pos is. Die kandidate is Conrad Lutombi, Moses Matyayi, dr. Eino Mvula en Joyce Mukubi. Die openbare onderhoud het 30 persent van die totaal getel met die privaat onderhoud wat 50 persent tel en die psigometriese toets, 20 persent. Die woordvoerder van Stad Windhoek, Harold Akwenye het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.