Kry jou nooddienste permit so

Verskaffers van noodsaaklike dienste het die afgelope tyd gesukkel om toegang tot die webtuiste te verkry om nuwe permitte aan te vra. Die 2020 permitte het gisternag verval. Elijah Mukubonda, woordvoerder van die ministerie van handel het die korrekte webadres aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf en die publiek gevra om geduldig te wees.