Kripto-chaos by FTX duur voort

Die chaos rondom die kripto-beurs FTX wil nie gaan lê nie. Die maatskappy was weer in chaos gedompel toe hy aankondig het dat hy ongemagtigde toegang tot sy fondse opgespoor het en ontleders sê honderde miljoene Amerikaanse dollar se bates is in “verdagte omstandighede” vanaf die platform oorgedra. Die maatskappy het Vrydag om bankrotskap aansoek gedoen nadat handelaars gehaas het om 6 miljard Amerikaanse dollar binne 72 uur te onttrek na Binance ‘n voorgestelde reddingsooreenkoms laat vaar het. Die dramatiese verval van die beurs het daartoe gelei dat sy 30-jarige stigter Sam Bankman-Fried, wat in die Bahamas woon, moontlik na Suid-Amerika gevlug het. Tot dusver word daar berig dat minstens 1 miljard Amerikaanse dollar in kliëntefondse van die platform verdwyn het en dat Bankman-Fried 10 miljard dollar se kliëntefondse aan sy handelsmaatskappy, Alameda Research, oorgedra het.