Kriminele ondersoek na Downingstraat-partytjies

Die wêreld raak al warmer vir die Britse eerste minister, Boris Johnson. Hy is die tweede premier wat ‘n kriminele ondersoek het na sy bedrywighede in Downingstraat 10, naas Tony Blair. Die metropolitaanse polisie-kommissaris, Cressida Dick, het aangekondig dat ‘n ondersoek geloods is en kriminele klagte kan moontlik volg. Sy voeg by sy verwag nie enige probleme om die bewyse te kry wat vir die ondersoek nodig is nie. Sy sê diegene wat aan oortreding van die regulasies skuldig bevind word, kan boetes kry: