AfriForum veg vir Afrikaans in skole 

AfriForum sê hy is van voorneme om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette en die teiken van Afrikaanse skole teen te staan. Die burgerregtegroep onderneem om alles moontlik te doen om skoolbeheer-liggame se reg te verdedig om oor skole se toelatings- en taalbeleid te besluit. ʼn Woordvoerder van die  organisasie, Alana Bailey, sê indien die teenkanting misluk, is hulle gereed om regstappe teen die wetgewing te doen.