Krieket: SA20 opwindend vir toeskouers

Krieket: Die begin van die SA20 was opwindend met baie toeskouers wat die eerste twee wedstryde bygewoon het. Die Joburg Super Kings het Woensdagaand in Durban hul veldtog met ‘n oorwinning van 16 lopies oor die Durban Super Giants op Kingsmead begin. Die Super Kings het herstel van 27 vir vier om 190 vir ses aan te teken met Donavon Ferreira wat ‘n onoorwonne 82 van 40 balle behaal het. In antwoord hierop was die gashere beperk tot 174 vir vyf. Ferreira sê dit was heerlik om voor so ‘n groot skare te speel.