Krieket: Proteas speel gelykop teen Aussies in derde toets

Krieket: Die Proteas kon verdere vernedering vryspring nadat hulle vandag gelykop geëindig het in die derde toets teen Australië op die Sydney-krieketveld. Die toets is herhaaldelik deur reën onderbreek en Australië het met die aanvang van die vyfde dag 14 paaltjies vir ’n oorwinning nodig gehad. Die Suid-Afrikaners het 106 vir twee in hul tweede beurt bereik, met nog vyf boulbeurte oor, en daarmee verhoed dat die Aussies al drie wedstryde in die reeks wen. Australië het die openingstoets in Brisbane binne twee dae met ses paaltjies gewen, en die Proteas in die tweede wedstryd in Melbourne met ‘n beurt en 182 lopies vermorsel.