Toestand verbeter van onderwyser wat deur ses-jarige geskiet is

Die Amerikaanse onderwyser Abby Zwerner wat deur ‘n ses-jarige leerder in die stad Newport News in Virginia geskiet is, toon glo tekens van verbetering. Zwerner, in haar 30’s, is kritiek beseer nadat sy Vrydag tydens ‘n rusie in die klas deur die seun geskiet is. Die burgemeester Phillip Jones, sê haar toestand in die hospitaal word as stabiel beskryf. Dit is onduidelik hoe die kind die geweer in die hande gekry het, maar die polisie sê die voorval was nie ‘n ongeluk nie. Die polisie het bevestig die kind het ‘n handwapen in sy besit gehad in die klaskamer.