AfriTinMining wil naam verander na Andrada Mining

Aandeelhouers in AfriTin Mining het ‘n besluit goedgekeur om die maatskappy se naam na Andrada Mining Limited te verander. Die maatskappy wat op die Namibiese Aandelebeurs genoteer is,  gaan nou by die Registrateur van Maatskappye in Guernsey aansoek doen om die naamsverandering te registreer. AfriTin Mining het ‘n toename in produksie by sy uitgebreide Uismyn-verwerkingsaanleg aangeteken, ‘n ontwikkeling wat daartoe gelei het dat sy November 2022-produksie die teiken met 20 persent oorskry het. Gedurende November 2022, die eerste maand van produksie na die ingebruikneming van die verwerkings-aanleg, is die teiken van 73 ton tinkonsentraat met 20 persent oorskry tot 88 ton.