Geen vuurwerke in Kaapstad sonder permitte

Inwoners van Kaapstad word in die aanloop tot Diwali en Guy Fawkes daaraan herinner dat permitte benodig word vir vuurwerkvertonings. Daar is sedert 2019 nie meer aangewese vuurwerk-terreine in die Stad Kaapstad nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê elke jaar op hierdie aande het toepassings-departemente en dierewelsynsorganisasies hul hande vol. Smith het ook gewaarsku die invoer en verkoop van vuurwerke sonder die nodige toestemming soos uiteengesit in die Wet op Plofstof, is onwettig.