Krieket: Proteas sal moet opskud teen Aussies

Krieket: Australië het aan die einde van die eerste dag se spel in die eerste toets teen Suid-Afrika in Brisbane 145 vir vyf op die telbord gehad. Hulle het die Proteas vroeër uitgeboul vir ‘n teleurstellende 152 lopies. Travis Head kolf vandag voort met sy telling op 78 van 77 balle af. Kagiso Rabada en Anrich Nortjé het elk twee Aussie paaltjies laat kantel. In Suid-Afrika se beurt kon net Kyle Verreyne met 64 en Temba Bavuma met 38 enige hond haaraf maak.