Napha: Finland se verbod op invoer van jagtrofeë is ‘n roekelose besluit

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het sy reaksie gegee op Finland wat ‘n verbod op in die invoer van jagtrofeë aangekondig het. Finland gaan sy jagters verbied om trofeë van bedreigde spesies vanaf Junie 2023 huis toe te bring. Die president van Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Finland en die ander Skandinawiese lande het ‘n groot jag-kultuur en sulke besluite kan wel oorspoel na die ander lande toe. Hy sê Napha is tans besig met gesprekke en om inligting aan die EU te verskaf om nóg sulke “roekelose” besluite te stuit. Brittanje en Nederland het ook ‘n verbod op die invoer van jagtrofeë geïmplementeer en België gaan in hul voetspore volg.