Watervlakke in Laer-Oranje bly hoog

Die buurland se departement van water en sanitasie sê die Vaaldam ondervind ʼn voortdurende afname in watervlak, wat tans 111 persent beloop. Nog ʼn sluis is Sondag gesluit sodat sewe sluise nog oop is. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavase, sê die watervlakke in die Laer-Oranjerivier en die Laer-Vaalrivier bly hoog en dit mag ʼn rukkie duur om te reageer oor die verminderde vloei van die Oranje- en Vaalrivier hoër op.