Krieket: Proteas effens meer geloofwaardig

Krieket: Suid-Afrika is op die eerste dag van die tweede toets teen Australië in Melbourne vir 189 uitgeboul. Marco Jansen het met 59 die beste met die kolf gevaar, terwyl Kyle Verreyne 52 lopies bygedra het. Die top-kolwers het weer beïndruk nie, met kaptein, Dean Elgar wat 26 aangeteken het en Temba Bavuma wat vir een lopie uitgehaal is. Vir Australië het Cameron Green vyf paaltjies vir 27 geneem. Die tuisspan hervat môre hul beurt op 45 vir een. David Warner is op 30 in sy 100ste toets en Marnus Labuschagne het vyf. Kagiso Rabada het Usman Khawaja vir een lopie laat terugstap.