Drie groot NGO’s onttrek uit Afghanistan

Drie groot nie-regeringsorganisasies het hul bedrywighede in Afghanistan gestaak nadat die Taliban vroue verbied het om vir hulle te werk. Care International, die Noorweegse Raad vir Vlugtelinge en Save the Children sê hulle kan nie hul werk voortsit sonder dié vroue op hul personeel nie. Die Taliban het opgetree nadat hulle sommige nie-regerings-werknemers daarvan beskuldig het dat hulle nie die regte hoofbedekkings dra nie. Die jongste verbod kom enkele dae nadat die Taliban vroue verbied het om universiteit toe te gaan. Hoërskole vir meisies is ook gesluit in die meeste van Afghanistan se provinsies.