Krieket: Protea-vroue slaggereed vir Pakistan

Krieket: Die Protea-vroue het hul eerste oefening in Pakistan gehad voor ‘n witbalreeks. Die twee lande sal mekaar in drie T20’s en ‘n eendagreeks van drie wedstryde pak wat almal in Karachi gespeel word. Die openingswedstryd is Vrydag. Die Protea-kolwer Tazmin Brits sê hulle is opgewonde oor die uitdaging wat voorlê.