Krieket: Protea-kolwer loop derde toets teen Aussies mis

Krieket: Die Protea-kolwer Theunis de Bruyn keer terug na Suid-Afrika en loop volgende week se derde en laaste toets teen Australië in Sidney mis. Krieket Suid-Afrika het bevestig De Bruyn kom huis toe vir die geboorte van sy eersteling. Dit dwing die Proteas om ten minste een verandering aan te bring aan die span, ná hulle nederlaag met ‘n beurt en 182 lopies teen die tuisspan in die tweede toets in Melbourne. De Bruyn het Rassie van der Dussen in dié wedstryd vervang, wat sy eerste toets was sedert 2019.