Palestina kan Internasionale Geregshof toe oor besetting van sy grondgebied

Die Palestynse owerhede het ‘n stemming in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verwelkom ten gunste daarvan dat die Internasionale Geregshof genader word vir ‘n regsmening oor die Israeliese besetting van Palestynse gebiede. Die uitslag was 87 teen 26 ten gunste van die resolusie. Altesaam 53 lande het buite stemming gebly. ‘n Woordvoerder van die Palestynse president, Mahmoud Abbas, sê die tyd het aangebreek om Israel aanspreeklik te hou. Die resolusie is deur Rusland, China, Moslem-lande, en ook Portugal ondersteun. Amerika, Brittanje en Duitsland het die mosie teengestaan. Die Israeliese ambassadeur by die VN, Gilad Erdan, het die resolusie ‘n morele vlek op die VN se rekord genoem.