Opposisiepartye wens vir ‘n beter jaar vir Namibiërs

Namibiese opposisiepartye wens ‘n beter 2023 vir Namibiërs toe. Die jaar 2022 was nie ‘n maklike een vir Namibiërs en die res van die wêreld nie met ekonomieë wat getuimel het ná die Russiese inval in die Oekraïne en inflasiekoerse nuwe hoogtes bereik het. Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement se skaduminister van finansies, Nico Smit…

Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, die IPC, se nuwejaarswense vir Namibiërs is dat die Fishrot-korrupsiesaak opgelos word. Hy wens ook vir ‘n goeie reënsoeisoen vir Namibië.