Krieket: Namibië en Sri Lanka skop T20 Wêreldbekertoernooi af

Krieket: Namibië en Sri Lanka is eerste aan die beurt in Geelong wanneer die eerste ronde van die T20 Wêreldbekertoernooi môre in Australië begin. Dié twee spanne, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate, Ierland, Skotland, die Windies en Zimbabwe gaan sake uitspook om vier plekke in die hooftoernooi, wat volgende Saterdag begin. Daar sal hulle te staan kom teen Suid-Afrika en sewe ander topvlakspanne wat reeds gekwalifiseer het. Die eindstryd vind op 13 November in Melbourne plaas.