Belarus waarsku daarteen om Rusland in ‘n hoek te druk

Die President van Belarus, Alexander Lukashenko, sê Rusland het kernwapens vir ‘n rede en moenie in ‘n hoek gedwing word nie. Internasionale media berig Lukashenko sê in uittreksels uit ‘n onderhoud wat deur Belarus se staatsnuusagentskap vrygestel is, alle wapens word vir iets geskep, en Rusland het sy standpunt duidelik uiteengesit. Belarus maak finansieel en polities staat op Rusland as sy sleutel-bondgenoot, en het Rusland in Februarie toegelaat om die land se grondgebied te gebruik as een van die basisse vir die inval in die buurland Oekraïne.