San-gemeenskap by Tsumkwe vir jare uitgebuit

Die langdurige geskille oor grond, onwettige heinings en weiding van vee in die San-gebied by Tsumkwe is steeds ‘n probleem wat al 15 jaar voortsleep. In Julie 2015 het die Nyae Nyae-bewaringesgebied en Ju’/hoansi Tradisionele Owerheid ’n saak teen vier mense aanhangig gemaak nadat hul beeste binne die bewaringsgebied sonder die toestemming van die Ju’/hoansi-hoofman, Tsamkxao ‡Oma gewei het. Saska Sheehama, die direkteur van die Nyae Nyae Ontwikkeling-stigting, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie hofsake word telkens uitgestel en van die beskuldigdes ignoreer bloot die hofuitsprake.