Krieket: Maharaj verwag terugveg-poging van Engeland

Krieket: Engeland is ondanks ‘n beurt-nederlaag in die eerste toets nie van plan om af te wyk van hul nuwe aanvallende benadering wanneer hy van môre gasheer is vir Suid-Afrika in die tweede toets op Old Trafford nie. ‘n Indrukwekkende aanval deur die Proteas, met vier naatboulers, het die Engelse laat les opsê. Die draaibouler Keshav Maharaj het eers in die tweede beurt geboul, maar steeds ‘n paar paaltjies ingepalm. Maharaj verwag ‘n terugveg-poging van die tuisspan.